BOOKS

Viva la Vicki | Memoir

Naledi Books | 2012

Vicki is ’n moderne Viking! Soos die TV-karak­tertjie wat telkens in moei­like omstandig­hede ’n oplos­sing be­­reik, het hier­die jong vrou elke nuwe uitda­ging wat die lewe voor haar kom neersit het, beskou as net nog ’n hekkie waaroor sy moes kom. Haar geloof in God, gekoppel met ’n geestelike taaiheid waarop ’n ratel trots sou wees, het van elke struikelblok ’n geleentheid gemaak. Natuurlik was daar tye dat sy mismoedig was – en daaroor is sy pynlik eerlik in hierdie boek – maar telkens het sy krag ontvang om weer op te staan en te lewe! Sy leef elke dag voluit en nooi lesers uit om hulle eie gawes raak te sien, uit te leef en ten spyte van donker dae te besef: die lewe is mooi – leef voluit!

Al het Vicki ongeveer 97% gehoorverlies, het sy van kleins-af geleer hoe om soos ’n horende te praat, asook om lip­lees te bemeester.

Jy kan die boek by Vicki bestel vir R150 (posgeld nie ingesluit nie): vickifourie@yahoo.com

God Lief My | Dagstukkies Boek

Carpe Diem Media | 2014

Hallo Jy! Weet jy dat God lief is vir jou? God is werklik orals. By die skool, in jou kamer, by die sport. Oral waar jy gaan, gaan Hy saam met jou. Jy is eintlik nooit alleen nie! Maak seker jy weet dit van nou af elke dag. Dit gaan jou net twee minute neem om in die oggend of aand ‘n stukkie in hierdie boek te lees. Jy gaan hoor wat God vir jou wil se uit sy Woord en Vicki se boodskappie by elke Bybelvers is perfek vir jou bedoel. Hulle is so oulik, jou ma sal hulle ook wil lees. Aan die einde van elke week is daar fun dinge om te doen. Dis om jou te help dat jy met jou kop en jou hart onthou God lief my.

Jy kan die boek hier bestel:
https://voelgoedboeke.co.za/product/god-lief-my/