ATKV Praatjie | Dominoes, Drome & Doofheid

Verlede Saterdag het ek die voorreg gehad om in George op te tree by die Sommer Net Ons – ATKV-funksie oor Gebare Taal As Erfenis Taal. Ek was die hoofgasspreker, en my praatjie het gegaan oor Dominoes, Drome en Doofheid. Die praatjie is beskikbaar om aanlyn te kyk op YouTube hier.

Dit was ’n sinvolle en besonderse dag saam met die ATKV Tak by die Moederkerk in George. Die funksie het leerders van verskeie skole bymekaar gebring en hulle blootgestel aan die wêreld van die d/Dowes. Ek was trots om deel te wees van ’n program wat gehoorgestremdheid en “differently abled” talent op ’n positiewe manier vier.

Daar was ook tolke wat in gebaretaal verduidelik het, sowel as ander kunstenaars soos Marnitz Steyn Art, ’n bekroonde skilder, en Patrick Botto, ’n voetskilder wat tans by die Garden Route Mall uitstal. Petronel Baard, ‘n sangeres, het pragtige liedere gesing.

Die dag het ook die geleentheid gebied om Afrikaans in gebaretaal te vier, en dit was besonder om te sien hoe die leerders insig en deernis toon deur hul vrae aan die einde van die dag te stel. Ons het ’n paneel gehad, waar die studente hul vrae kon rig.

Ek was ook opgewonde om 100 eksemplare van my boek Viva la Vicki aan die leerlingraad te geskenk — ’n gebaar wat ek hoop die leerders inspireer om hul drome na te streef, ongeag enige uitdagings.

’n Groot dankie aan Ruzanne van Beulen vir haar hart en passie om hierdie geleentheid moontlik te maak. Dit was ’n dag vol inspirasie, kreatiwiteit en samehorigheid, en ek is dankbaar dat ek kon deel wees van so ’n betekenisvolle projek.

Leave a Reply