George Herald | Dowe Rolprentmaker In George

Komende Saterdag, 18 Oktober, het hoërskoolleerders en die breër gemeenskap die unieke geleentheid om Vicki Fourie, nasionaal erkende storieverteller, rolprentmaker en voorstander vir inklusiewe media, as gasspreker te ervaar.

Fourie sê Saterdag se praatjie deuer Sommer Net Ons – ATKV Tak bied vir haar ’n platform om te praat namens dié wat dikwels gemarginaliseer word.

“Taal is méér as kommunikasie – dit is identiteit, kultuur en gemeenskap. Om SAGT as erfenistaal te erken, bevestig die plek van die dowe gemeenskap in ons nasionale verhaal.”

By die funksie sal sy onder meer deel oor:

• Haar persoonlike reis met gehoorverlies en hoe dit haar as storieverteller gevorm het;
• Die krag van inklusiewe kommunikasie, veral binne die kreatiewe bedryf;
• Hoe ons brûe kan bou deur taal, begrip en empatie;
• ’n Visie vir ’n toekoms waarin gebaretaal gevier en nie gemarginaliseer word nie.

Kontak Ruzanne van Beulen vir meer inligting en om kaartjies te bespreek by 071 881 7755.

Lees gerus meer op George Herald se aanlyn webtuiste vir meer inligting.

Leave a Reply