Omtrent elke aftree oord het so ‘n spesifieke persoon. Daardie een persoon wat net eenvoudig na almal moet omsien om seker te maak hulle is oraait. Dit is mos elkeen van ons se Christenlike plig om uit te help. Ek is daardie besonderse persoon; ek dra die barmhartige baadjie met groot trots. Elke oggend werk …
“Pappa, ek wil bergklim,” sê my 9-jarige seun vir my. Dié stelling vang my onkant. Ons gaan klim dan nooit berg nie. Swem en fietsry sal ons doen, maar bergklim? Nie sommer nie. “Seuna, hoe seker is jy?” vra ek versigtig. “Doodseker, pappa. Kom ons doen dit! Ek is lus.” “Nou toe dan. Watter berg …
Die toergids praat hard en duidelik oor die bus se interkom, maar ek sukkel om te konsentreer. Ek is in ‘n vreemde land omring deur mense van my eie land. Hoort ek hier? Ek kry nie asem nie. Die blou serp om my nek wurg my, paniekbevange probeer dit tevergeefs losmaak. ‘Haal asem; diep asem,’ …