Hart Van Groen | Gedig

Met ‘n sleutel in my hand

Staan ek by die deur van my hart.

Oopgesluit en oopgestoot

Stap ek in en gaan voort.

 

Ek ontdek ‘n hart van groen

Alles het gegroei en gegroei.

My gedagtes en ervaringe

Is vars en nuut opgegrawe.

 

Daar is ‘n stilte wat my omvou

‘n Rustigheid soos die van dou.

Dié tuin het meer vrug as onkruid

Elke boom en blaar word geruik.

 

Ek loop en ontdek alles in my.

‘n Stap met al sy hoeke en draaie

In die vorm van blare en paaie.

 

Skielik kom ek af op iemand

Dit is tog nie net ‘n niemand.

Hy glimlag en sit op ‘n swaai

Hy kyk vir my en waai.

‘Kom sit hier langs my,’ sê hy.

‘Dis hoog tyd, wat sê jy?’

 

In ‘n blou denim en wit hemp getooi

Swaai hy kaalvoet onder ‘n boom.

Wag iemand werklik vir my?

Hou hy ‘n plekkie aan sy sy?

 

Ek sit by hom en hy gee ‘n blom

Dit word ‘n gedig en verander vorm.

Skryf, herskryf, vee uit, oorskryf

Die woorde word al meer.

Dit is die eerste van veel.

 

In hierdie tuin is daar tyd

Tyd om te ontdek en te skryf.

Die agterdeur staan oop

Ek kan enige tyd uitloop.

 

En tog…

Ek en Jy het die sleutel van my hart

En saam sal ons skryf

In die tuin van my hart.

*

 

*

Leave a Reply